Schalk Sing Sleg - LIVE Online Show!

Schalk Sing Sleg...

in sy sitkamer (en in joune)

In hierdie onseker tye van self-isolasie en feeste en shows wat gekanselleer word, nooi Schalk Bezuidenhout en Wesley van der Westhuizen jou na 'n live online vertoning van die splinternuwe Afrikaanse show Schalk Sing Sleg.​

Woensdag 25 Maart, 20:00 

In Schalk se sitkamer in Linden

(en in joune, waar jy ook al in die wêreld is)

Kaartjies: 3 US dollar (+/- R50)


Aangebied deur:

Schalk Bezuidenhout & Wesley van der Westhuizen


0
0
DAYS
0
0
HOURS
0
0
MINUTES
0
0
SECONDS

Wees Lekker. Koop Kaartjies.

LIVE ONLINE SHOW!

Schalk Sing SLEG!

In 2020 is Schalk terug met ’n splinternuwe vertoning, wat stand-up komedie met vlymskerp liedjies - oor alles en nog wat - kombineer. Hy mag dalk koor gesing het en hy was selfs 'n Kanarie op die silwerdoek, maar die slotsom is: Schalk sing sleg. Of sing hy regtig sleg?

Schalk deel die verhoog met die talentvolle musiekonderwyser en uitvoerende kunstenaar Wesley van der Westhuizen van Johannesburg. O ja, Wesley speel verskeie instrumente, Schalk tree dus nie op met backtracks soos een of ander snotkop met 'n snor nie. Kom tuit jou ore en lag jouself ’n papie, want Schalk se liedjies sal jou laat mis, eet, slaap, herhaal én skater!